Bernoulli-beginsel

In fisika, hidrolika en vloeidinamika verwys die Bernoulli-beginsel na die verskynsel dat vir die meeste onsaampersbare vloeiers waar geen werk op die vloeistof uitgeoefen word nie, 'n toename in die snelheid van die vloeistof gepaard gaan met 'n afname in die druk of 'n afname in die vloeistof se potensiële energie as gevolg van swaartekrag.[1] die Bernoulli-beginsel is vernoem ter ere van Daniel Bernoulli.

Die Bernoulli-beginsel is ekwivalent aan die beginsel van energiebehoud. Die wet op energiebehoud bepaal dat alle vorme van meganiese energie in 'n vloeistof langs 'n stroomlyn dieselfde is vir al die punte op daardie stroomlyn. Dit vereis dat die som van die kinetiese energie en potensiële energie konstant moet bly. As 'n vloeier horisontaal langs 'n stroomlyn afvloei waar die snelheid toeneem kan dit slegs wees omdat die vloeistof op daardie deel beweeg het van 'n gebied met 'n hoër druk na 'n gebied met 'n laer druk en as die snelheid afneem kan dit slegs wees omdat die vloeistof beweeg het vanaf 'n gebied met 'n laer druk na een met 'n hoër druk. Gevolglik sal die hoogste snelheid voorkom waar die druk die laagste is en die laagste snelheid waar die druk die hoogste is, in 'n vloeier wat horisontaal vloei.

  1. Clancy, L.J., (1975), Aerodynamics, Hoofstuk 3, Pitman Publishing Limited, Londen

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search